Swapo gee antwoord aan sy veteraan Jerry Ekandjo

Richard Metcalfe, die prokureur van die Swapo-veteraan Jerry Ekandjo, het bevestig hulle het vandag antwoord van Swapo ontvang oor Ekandjo se kandidaatskap vir die pos van vise-president van die party. Ekandjo eis dat hy ingesluit word as moontlike kandidaat met die uittrede van verdedigingsminister Frans Kapofi uit die wedloop. Metcalfe sê aan Kosmos 94.1 Nuus Swapo voer aan sy veranderde grondwet van 5 September 2020 is van toepassing, maar Metcalfe stem nie saam nie …

Metcalfe sê die bepalings van Swapo se veranderde grondwet skep ‘n persepsie van diskriminasie.