Frans is terug in die nommer-10 trui

Die Springbokke sal presies weet wat hulle moet doen om die Rugbykampioenskap te beklink wanneer hul wedstryd net ná vyf Saterdagmiddag teen Argentinië op Kingspark in Durban afskop. Die All Blacks en die Wallabies sê mekaar vroeër die dag die stryd aan. Die Bok-afrigter, Jacques Nienaber, het met die besering aan Damian Willemse, die nommer 10-trui aan die veteraan-agterspeler, Frans Steyn toevertrou sodat die 35-jarige die eerste keer in 14 jaar weer as losskakel kan begin: