Namibië slag meeste varke in Augustus

Augustus het die hoogste aantal varke wat in 2022 in Namibië geslag is, aangeteken. Dit is 19,2 persent hoër as slagvlakke in Augustus 2021, volgens Simonis Storm se landbouverslag van Augustus. Gedurende Augustus 2022 het die varkvleis-plafonprys met 2,9 persent gestyg, maar die jaar-tot-datum varkvleis-plafonprys is steeds laer met 5,9 persent in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Dit volg op volgehoue prysdalings vanaf die begin van 2022 as gevolg van oorproduksie wat in Suid-Afrika waargeneem is, wat gelei het tot ‘n laer gemiddelde prys van die Rooivleis-abattoir-vereniging waarop die Namibiese varkvleis-plafonprys gebaseer is.