Swapo, ANC, MPLA en kie verloor veld, maar, dis demokrasie meen kenner

Daar heers kommer oor die regerende en bevrydingsbewegings in Suider-Afrika. Dit was van die opmerkings van die Swapo-kabinetsminister Utoni Nujoma toe hy by ‘n Swapo-vergadering op Ongwediva gepraat het. Hy het voorbeelde gemaak van die ANC in Suid-Afrika, die MPLA in Angola wat byna die verkiesing teen Unita verloor het, dieselfde met Zimbabwe en Mosambiek. Die arbeidsminister sê Swapo word bedreig deur talle politieke partye wat probeer oorneem. Dr. Ndumba Kamwanyah, ‘n politieke ontleder sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat hy dit nie as ‘n bedreiging beskou nie, maar eerder as demokrasie.