Brandstofvoorraad sal nie vlugte by Kaapstad-lughawe raak nie

Die Lughawensmaatskappy Suid-Afrika het reisigers versoek om nie bekommerd te wees te midde van beperkte brandstofvoorraad op die Kaapstadse Internasionale Lughawe nie. Daar word berig dat die lughawe net genoeg stralerbrandstof vir vier tot ses dae het. Die voorsieningsuitdaging is te wyte aan ‘n vaartuig wat ‘n brandstofbesending op see vervoer en vertraag is weens ongunstige weerstoestande. ACSA se woordvoerder, Gopolang Peme, sê hulle het lugrederye gevra om minder brandstof aan te vul op die lughawe. Hy het reisigers verseker dit sal nie hul vlugte beïnvloed nie.