Bewusmaking van voorbehoed en familie-beplanning vandag

Die wêreld vier vandag die 15de herdenking van Wêreldvoorbehoedingsdag. Die dag poog om bewusmaking te kweek oor die voorbehoed-keuses wat vir vroue en paartjies beskikbaar is. Die groepsbestuurder by die Soul City Instituut vir Maatskaplike Geregtigheid in Suid-Afrika, Palesa Mokooane, sê besluite oor voorbehoedmiddels moet ‘n gesprek tussen paartjies wees, en nie net deur een persoon geneem word nie. Mokooane sê die dag skep bewusmaking rondom presies hoe vroue en paartjies beheer kan neem van hul lewens en hul voortplantingstoekoms: