Swanger vroue moet tweede spuit kry

Swanger en borsvoedende vroue wat hulle eerste mRNA-inenting ontvang het, moet die tweede een kry om die nodige beskerming te hê. Die jongste navorsing wat deur die Universiteit van Cambridge bekend gemaak is toon dat die vroue baie minder teenliggaampies ontwikkel na die eerste spuit, teenoor vroue wat nie swanger of borsvoedend is nie. Maar, die navorsers sê dat na die tweede spuit, ontwikkel immuniteit normaal, soos in die res van die bevolking. Die studie is net op mRNA-spuite, Pfizer en Moderna, uitgevoer.