SA-afvaardiging op pad na CoP26

Dit is net meer as drie dae voor die VN se klimaatskonferensie, CoP26, Sondag in Glasgow, Skotland begin. Die Suid-Afrikaanse afvaardiging staan onder leiding van die Suid-Afrikaanse minister, Barbara Creecy. Sy sê sy gaan die aanloop gebruik om informele vergaderings te hou ten einde verdere belangstelling te wek in die ondersteuning van die land se oorgang na ‘n lae-koolstof-ekonomie. Creecy sê die afvaardiging is in Glasgow met ‘n mandaat om vir die volle implementering van teikens oor die versagting van klimaatsverandering in Suid-Afrika te onderhandel.