Rowers slaan toe op begraafplase

Oor die afgelope paar maande is daar ‘n neiging van misdadigers in die hoofstad om kruise uit begraafplase steel en dit aan skrootwerwe verkoop. Video’s hiervan is op sosiale media versprei. Die Woordvoerder van Stad Windhoek, Lydia Amutenya, sê dit is ontstellend dat misdadigers so laag daal en grafte skend. Sy doen ‘n beroep op die publiek om dit by telefoonnommer 302302 te rapporteer. Amutenya gesels met Kosmos 94.1 Nuus.