Swakopmund trek 21 vas vir dronkbestuur

Verkeersboetes van sowat 1,45 miljoen Namibiese dollar is dié feesseisoen aan die kus uitgereik. Volgens die Walvisbaaise verkeersdepartement is meer as 400 verkeersboetes uitgereik, waarvan 44 vir die bestuur onder die invloed van alkohol was. Dronkbestuurders se boetes beloop 352 000 dollar. Sowat 25 voertuie is as onpadvaardig verklaar. Swakopmund se senior verkeersbeampte, Trudie Xoagus sê aan Kosmos 94.1 Nuus 21 motoriste is in verband met dronkbestuur op dié kusdorp vasgetrek.