Tennis: Ash Barty is swanger met eersteling

Tennis: Die uitgetrede Australiese Ope-kampioen Ash Barty sê sy is swanger met haar eersteling, ‘n jaar ná haar segetog by die Australiese Ope in Melbourne. Die drie-malige Grand Slam-kampioen het verlede jaar met haar jarelange lewensmaat Garry Kissick getrou. Sy sê in ‘n Instagram-plasing 2023 gaan die grootste jaar nóg wees, met ‘n foto van haar hond langs ‘n paar baba-skoene. Die voormalige wêreld nommer-een het verlede Maart uitgetree, kort nadat sy die Australiese Ope gewen en haar land se eerste tuis-kampioen in 44 jaar geword het.