Vermiste Mpumalanga-ma en seun in Pretoria gevind

Spesialis-veiligheidsdienste in die buurland sê die ma wat saam met haar vierjarige seuntjie in Mpumalanga verdwyn het, is gevind. Lushka Taljaard en haar seun Daniel van Hendrina is in die middestad van Pretoria by ‘n vulstasie opgespoor. Die ondersoekbeampte, Morney Vos, sê sy was erg getraumatiseerd en is saam met haar seun in die Unitas-hospitaal in Centurion opgeneem. Volgens Vos is ’n ondersoek aan die gang om die rede vir hulle verdwyning te bepaal.