Swakopmund hou vandag Walvisfees

Die Swakopmundse Wetenskapsvereniging bied vandag die Walvisfees op die kusdorp aan. Vanmiddag om vier-uur sal besprekings oor walvisse by die Swakopmund-museum aangebied word. Die Suider-Afrikaanse boggelrugwalvis se migrasieroete sal deur die walviskenner Lloyd Edwards bespreek word en Dani Conry van die Namibiese Dolfyn-projek sal gesels oor die stand van walvisse in Namibië. Toegang is gratis.