Sokker-stormloop in Oos-Java eis 129 lewens

‘n Ondersoek is begin na ‘n stormloop by ‘n wedstryd in Indonesië waarin 129 mense dood en 180 beseer is. Minstens twee polisiebeamptes is in die tragedie in die Oos-Java-provinsie dood. Sommige mense het in die chaos by die stadion versmoor en ander is vertrap terwyl hulle deur ‘n enkele uitgang probeer wegkom het. ʼn Bakleiery het verskeie kere tussen ondersteuners van die twee spanne binne die stadion uitgebreek nadat die wedstryd in die Indonesiese Premierliga geëindig het. Persebaya Surabaya het Arema Malang met 3-2 verslaan.