Swakop se handels-ekspo gaan groot

Die amptelike opening van Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid en Swakopmund-munisipaliteit se Swakopmund Internasionale Handels-eskpo sal op Woensdag 12 Oktober plaasvind. Die amptelike opening sal waargeneem word deur Namibiese President Hage Geingob en sy Zambiese eweknie, President Hakainde Hichilema. Die ekspo vind plaas vanaf 12 tot 15 Oktober by die Vineta-sportstadion in Swakopmund. Die president van die kamer, Bisey /Uirab nooi Namibiërs uit om die ekspo by te woon.