Meer mans, 74%, sterf in ongelukke

Die Motorvoertuig Ongelukkefonds sê meer mans sterf in padongelukke as vroue, met 74 persent mans wat in die afgelope drie jaar dood is in ongelukke, en 60 persent wat beseer is. Die fonds se uitvoerende hoof, Rosalia Martins Hausiku sê vroue moet ‘n groter rol in padveiligheid in die land speel. Die fonds het met sy eweknieë in die streek vergader om uitdagings, oplossings en beste praktyke te bespreek. Martins Hausiku sê dat ‘n studie in verband met die oorsake van ongelukke word op die oomblik gefinaliseer en sal binnekort bekend gestel word. Volgens data wat in 2020 deur die Wêreldgesondheidsorganisasie gepubliseer is, het sterftes in ongelukke in Namibië 868 ,of 5.12 persent, van totale sterftes bereik. Die ouderdomsaangepaste sterftesyfer is 44,05 per 100 000 van die bevolking en plaas Namibië 14de in die wêreld.