Ierse ontploffing ‘n ‘donker dag’ vir die land

‘n Reuse soek- en herwinningsoperasie is aan die gang ná ‘n ontploffing in Co Donegal, Ierland, waarin minstens drie mense dood is. Die ontploffing by ‘n vulstasie aan die buitewyke van Creeslough, waar snuffelhonde soek na mense wat as vermis aangegee is, het ‘n nabygeleë woonstelblok ook gedeeltelik in puin gelê. Die soektog na oorlewendes word behartig deur reddingsdienste van albei kante van die Ierse grens, terwyl naasbestaandes van mense wat vermoedelik tydens die ontploffing in die gebou was, bystaan. Die Ierse premier, Micheal Martin, sê dit is een van die donkerste dae vir Donegal en Ierland.