Johannesburgse hospitaal-hoof moet trekpas kry

Die Kantoor van Voldoening van Gesondheidstandaarde beveel aan die Rahima Moosa Moeder-en-kind-hospitaal in Johannesburg moet ʼn nuwe uitvoerende hoof kry. Daar is bevind die huidige hoof, Nozuko Precious Mkabayi, verwaarloos haar pligte omdat sy nie voltyds daar is nie. Die hospitaal het nie ʼn bloedbank, laboratoriumdiens of CAT-skandeerder nie. Daar is ook uitdagings met sekerheid en ʼn tekort aan verpleegpersoneel. Die gesondheids-ombud, Malegapuru Makgoba, beveel ook aan die opknapping van infrastruktuur moet voorkeur kry en bevoegde mense op alle vlakke aangestel word.