Swakop hou die naweek fees

Die munisipaliteit van Swakopmund en die onderwysministerie bied Vrydag en Saterdag die Matutura Kultuurfees in Matutura, uitbreiding 11 in Swakopmund aan. Swakopmund is soos enige ander Namibiese dorp ‘n tuiste vir baie van verskillende kulturele agtergronde. Die fees sal kulturele diversiteit verder bevorder, verskillende aktiwiteite bekendstel en bevorder en kulturele goedere uitstal om die plaaslike ekonomie ’n hupstoot te gee. Die fees sal ook ’n platform skep om kulturele waardes en norme te laat herleef. Ester Kanandjembo van die jeug-ontwikkelingskantoor by die Swakopmundse munisipaliteit nooi Namibiërs uit om die fees by te woon.