Plundery in Haïti veroorsaak verlies van 2 000 ton voedsel

Volgens die Wêreldvoedselprogram het plundery vandeesmaand in Haïti gelei tot die verlies van minstens 107,91 miljoen Namibiese dollar aan noodleniging wat 2 000 ton voedsel insluit. Burgerlike onrus het opgevlam nadat die premier vroeër vandeesmaand aangekondig het staatsubsidies vir brandstof word gestaak. Dit het veroorsaak dat petrol- en dieselpryse die hoogte inskiet. ʼn Woordvoerder van die VN, Helen La Lime, sê ‘n volgehoue krisis as gevolg van bendebedrywighede asook ekonomiese en politieke onbestendigheid het gelei tot ʼn humanitêre katastrofe in Haïti. Minstens 1,5 miljoen mense in die Karibiese land is direk deur die onrus geraak.