Swakop hernu veldtog vir skoon kusdorp

Die Swakopmund-munisipaliteit doen ‘n beroep op die gemeenskap en niewinsgewende organisasies om deel te word van hul Projek Shine-veldtog. Die veldtog se doel is ‘n skoon Swakopmund, herwinning en die opheffing van die gemeenskap. Die veldtog skop op 1 November af en duur tot 30 April 2022. Swakopmund is ‘n gewilde toeristebestemming en moet skoon wees. Ailie Gebhardt, bemarkings- en kommunikasiebestuurder van die munisipaliteit sê aan Kosmos 94.1 Nuus die projek is al meer as tien jaar oud.