Houtskool: maatreëls is aangepas

Met die verwoestende veldbrande wat uit al die uithoeke van die land gerapporteer word, het die Houtskoolvereniging van Namibië die versekering gegee dat nuwe en strenger maatreëls in plek gestel is om veldbrande te voorkom. Die voorsitter van die vereniging, Michael Dege, het tydens ‘n inligtingsessie van die ministerie van inligting gesê die nuwe reëls is aan boere uitgestuur, met die belangrikste dat daar altyd iemand by ‘n kiln teenwoordig moet wees.