Namibië wens nuwe Chinese minister van buitelandse sake geluk

Die Namibiese adjunk-premier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Netumbo Nandi-Ndaitwah, het die nuwe Chinese minister van buitelandse sake, Qin Gang, geluk gewens met sy aanstelling. Sy sê Namibië en China sal hul goeie betrekkinge en sterk band handhaaf met die twee lande wat sedert Namibië se vryheidstryd uitstekende bilaterale betrekkinge en ’n geskiedkundige vriendskapsband geniet. Qin was die Chinese ambassadeur in Amerika voor sy jongste aanstelling as minister van buitelandse sake. Intussen het die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Antony Blinken, reeds telefoniese samesprekings met sy Chinese eweknie  gevoer.