Swaitex ‘n groot sukses

Die Swakopmund Internasionale Handels-eskpo, Swaitex, het verlede week op Swakopmund plaasgevind en word as ‘n sukses beskryf. Namibiese President Hage Geingob en sy Zambiese eweknie, President Hakainde Hichilema het Swaitex amptelik geopen. Die ekspo is deur die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid en Swakopmund-munisipaliteit georganiseer. Travis Mathews, die kamer se SME-ontwikkelingsbeampte gesels ná afloop van Swaitex met Kosmos 94.1 Nuus.