Olie sal in die nabye toekoms wisselvallig bly

Oliepryse het vanoggend begin styg, wat deur verskeie faktore ondersteun word. In China het die Kommunistiese Party sy beraad gehou en President Xi Jinping sê China sal reserwekapasiteit vir sleutelkommoditeite verder verhoog sowel as ander beleide wat hy vir ekonomiese groei aangekondig het. China is na die VSA die wêreld se grootste olieverbruiker. Ontleders meen dat oliepryse in die nabye toekoms wisselvallig sal bly aangedryf deur produksiebesnoeiings deur Opul, terwyl ‘n sterk Amerikaanse dollar en verdere rentekoersverhogings van die Amerikaanse Federale Reserweraad pryswinste sal beperk. Die president van die Amerikaanse sentrale bank James Bullard sê inflasie is moeilik om te beheer en daar sal nog rentekoers verhoging moet kom. Die kommoditeit het net bo 91 Amerikaanse dollar afgesluit en het met handel vanoggend gestyg tot 92 dollar en 38 sent ‘n vat.