SWAiTEX kom in Oktober op Swakop

Die Namibiese Kamer van Koophandel en Nywerheid in samewerking met die Swakopmundse munisipaliteit sal die Swakopmund Internasionale Handelsekspo, SWAiTEX vanaf 12 tot 15 Oktober by die Vineta-sportstadion in Swakopmund aanbied. Internasionale en plaaslike uitstallers sal hul produkte uitstal. As deel van die ekspo sal daar onder meer verskeie uitstallings, besigheidsinligtingsessies en werkswinkels vir klein en medium ondernemings wees. Travis Mathews, die kamer se ontwikkelingsbeampte vir klein en medium ondernemings, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.