EFF sê daar’s korrupsie in die vaardigheidsfonds

Die EFF sê die Spesiale Ondersoekeenheid moet intree en die sake van die Nasionale Vaardigheidsfonds deeglik ondersoek. Dit volg nadat die parlement se staande komitee op Openbare Rekeninge die minister van Hoër Onderwys Blade Nzimande se versoek verwerp het, om ‘n forensiese verslag oor moontlike korrupsie in die fonds vertroulik te hou. Die verslag is die gevolg van ‘n ondersoek wat die komitee aangevra het na die 2.5 miljard Suid-Afrikaanse rand wat die entiteit nie in die 2019/2020-boekjaar oor verantwoording kon doen nie. Veronica Mente van die EFF sê ‘n parlementêre ondersoek na die fonds kan ook ingestel word: