Marieta Wilhelm verskyn weer, dalk is ondersoek voltooi

Marieta Wilhelm se saak kom weer vandag in die Grootfontein-landdroshof voor. Dit is onlangs vir die derde keer uitgestel omdat die polisie se ondersoek nie voltooi is nie en daarsonder, kan die klagte teen haar nie deur die aanklaer-generaal geformuleer word nie. Die 65-jarige boerin is op 16 Maart vanjaar in hegtenis geneem na die dood van die 31-jarige Sakaria Kaandje wat drie keer in die kop geskiet is toe hy buite haar huis op haar plaas Fokshof, 100 kilometer buite Grootfontein, deur haar aangetref is. Wilhelm het op 5 April deur middel van ‘n formele borgaansoek, borg van 10 000 Namibiese dollar ontvang. Wilhelm beweer die aanvaller het haar langs die huis ingewag en aangeval met ‘n hout stomp.