Swaar polisieontplooiing tydens langnaweek in SA

Met die langnaweek in Suid-Afrika, het die LUR vir vervoer, gemeenskapsveiligheid en skakeling in KwaZulu-Natal, Sipho Hlomuka, padgebruikers gewaarsku daar sal swaar polisie-ontplooiing in die provinsie wees. Dit word gedoen om wet en orde te handhaaf tydens die langnaweek. Hierdie ontplooiing is deel van die geïntegreerde feestyd-veiligheidsplan. Die departement se woordvoerder, Kwanele Ncalane, sê dit behels proaktiewe wetstoepassing in gemeenskappe sowel as verskerpte verkeerswetstoepassing om die plaag van ongelukke en sterftes hok te slaan.