Nascam se uitvoerende hoof bedank

Die raad van direkteure van die Namibiese Vereniging van Komponiste en Skrywers van Musiek, bekend as Nascam, het die bedanking van die liggaam se jarelange hoof uitvoerende beampte, John Eino Max, aangekondig. Nascam sê in ‘n kort, ongetekende verklaring dat Max se skeiding wedersyds is. Dit sê verder die direksie sal met onmiddellike effek die proses begin om ‘n nuwe uitvoerende hoof te werf.