ANC se nasionale konferensie ‘n waterskeiding vir die party

President Cyril Ramaphosa sê die ANC se nasionale konferensie is ‘n waterskeiding vir die party én die land. Hy het die party se gala-dinee toegespreek op die vooraand van die konferensie wat vandag by Nasrec in Johannesburg begin. Die jongste meningspeiling van Ipsos wat  vrygestel is, dui daarop dat die ANC se steun nou tot 45 persent gedaal het. Ramaphosa het aan die uitgelese gaste gesê net eenheid in die ANC, kan eenheid in die land bewerkstellig. Ramaphosa wil swart ekonomiese bemagtiging ook versnel.