Suurstofvoorraad by hospitale getakel

Nambiese gesondheidsbeamptes blameer die middelman Knowledge Katti oor die land se swak suurstofvoorraad by hospitale. Sy maatskappy voorsien sedert 2011 suurstof aan hospitale landswyd. ‘n Ondersoek van die Wêreldgesondheidsorganisasie het bevind dat Katti se maatskappy nie aan die basiese standaarde voldoen nie. Die uitvoerende direkteur van die gesondheidsministerie, Ben Namgombe, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die kwessie oor ‘n gebrek aan suurstof, word getakel.