Suurstoftekort in Namibiese staatshospitale

Met 24 Covid-verwante sterftes wat gister deur die Namibiese gesondheidsministerie aangekondig is, staar staatshospitale ‘n krisis in die gesig weens ‘n landswye tekort aan suurstofstelsels. Die uitvoerende direkteur van die gesondheidsministerie, Ben Namgombe, het aan Namibiese media bevestig ‘n lae voorsiening van suurstofstelsels word in hospitale ervaar. Hy het gesê ander verskaffers sal genader word weens die hoë aanvraag van stygende Covid-gevalle.