Jeugbeweging eis SA finansminister se bedanking

Die Progressiewe Jeugbeweging het die Suid-Afrikaanse minister van finansies, Tito Mbowni, 30 dae gegee om te bedank. Die groep bestaande uit die ANC Jeugliga en die studente-organisasie, Sasco, het na die Nasionale Tesourie in Pretoria opgeruk en ook geëis dat die belofte van gratis onderrig gestand gedoen word. Buthanani Thobela van Sasco sê daar sal verskeie optogte tydens Jeugmaand plaasvind.