Massabehuisingsprojek in hof oor bedrog van N$28 miljoen

Ferusa Capital Financing Partners wat aan die broers Nelson en Thobias Akwenye behoort, word daarvan beskuldig dat hulle bedrog gepleeg het, berig Namibiese media. Hulle het glo nie ‘n massabehuisingsprojek van 505 laekostehuise van N$28 miljoen op Swakopmund voltooi nie. Die Namibiese regering en ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling dagvaar die maatskappy vir kontrakbreuk. Dié hofaansoek het gister voor regter Eileen Rakow in die Windhoek-hoërhof gedien en is tot 14 Julie uitgestel.