Sundowns vat die Black Label-beker

Mamelodi Sundowns het hul oorheersing op die veld bevestig deur die Carling Black Label-beker in hul eerste seisoen in die kompetisie te verower. Hulle het Orlando Pirates in die eindstryd in die FNB-stadion met 4-0 geklop en só hul nederlaag teen die Buccaneers in die halfeindronde van die MTN-8 gewreek. Pirates se verdediger, Tapelo Xoki is in die 21ste minuut met ‘n rooi kaart van die veld afgestuur vir rowwe spel teenoor Haashim Domingo, wat van die veld afgedra moes word.