Sunak verdedig sy COP27-besluit

Die Britse eerste minister, Rishi Sunak, het sy besluit verdedig om nie volgende maand die COP27-beraad oor klimaatsverandering by te woon nie. Hy het nadat Downing Street aangekondig het dat hy die beraad sal misloop met Britse media gepraat en beklemtoon dat hy uiters toegewyd is aan omgewingskwessies, maar nou moet fokus op binnelandse uitdagings met die ekonomie. Opposisiepartye het sy besluit gekritiseer. Die COP27 VN-klimaatveranderings-konferensie vind op 7 en 8 November in Egipte plaas, twee weke nadat Sunak eerste minister geword het.