Mnangagwa herverkies as Zanu-PF se leier

Zimbabwe se regerende party, Zanu PF, het Emmerson Mnangagwa vir nog ’n termyn van vyf jaar as president herkies. Dit was die party se eerste kongres sedert die verwydering van wyle Robert Mugabe na ‘n staatsgreep in November 2017. Mnangagwa was onbestrede en sal volgende jaar herverkiesing soek vir die land se presidentskap, waar hy waarskynlik deur die leier van die Citizens Coalition for Change, Nelson Chamisa, uitgedaag sal word.