Sunak se premierskap sal nou op VK fokus, nie buiteland nie

Daar is op die oomblik geen aanduiding of die aanstelling van Rishi Sunak as premier van Brittanje, wat vandag amptelik deur koning Charles verwag word, enige voordeel, of nadeel, vir die Suider-Afrikaanse streek sal inhou of nie. Ekonome meen daar is te veel uitdagings wat Sunak nou moet aanspreek voor hy enige aandag aan die buiteland, of Afrika, sal gee. Die beleggingsekonoom in Suid-Afrika Dawie Klopper, verduidelik.