Oscar moet nog ‘n Kerfees agter tralies deurbring

Uit Suid-Afrika word berig dat Oscar Pistorius se paroolaansoek nie voor April volgende jaar aangehoor sal word nie. Dit sou Vrydag deur die hof aangehoor word maar dit is weens onbekende redes uitgestel. Volgens Pistorius se regsverteenwoordiger, Julian Knight, sal later in die week ‘n aankondiging in die verband uitgereik word. Pistorius dien ‘n vonnis van net meer as 13 jaar uit vir die moord van sy vriendin Reeva Steenkamp op Valentynsdag, 2013.