Sunak sê as hy verloor, tree hy nie uit politiek nie

Rishi Sunak sê hy sal nie uit die politiek tree as hy die leierskapstryd van Brittanje se Konserwatiewe Party verloor nie. Die voormalige minister van Finansies kom te staan teen die huidige minister van Binnelandse Sake, Liz Truss, in volgende maand se verkiesing om Boris Johnson as partyleier en eerste minister op te volg. Truss word toenemend gesien as die gunsteling volgens die peilings onder partylede wat op die vyfde September tussen die twee moet stem. Sunak sê hy sal ‘n getroue lid van die party bly, wat ookal gebeur. Hy het vroeër bevestig hy sal nie in ‘n Truss-kabinet dien nie.