Onafhanklike paneel het 30 dae vir Phala Phala-ondersoek

Die Speaker van die Nasionale Vergadering in Suid-Afrika, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, sê die onafhanklike paneel wat saamgestel gaan word om President Cyril Ramaphosa se Phala Phala-plaasroof te ondersoek, sal ‘n maand kry om sy werk te voltooi. Die paneel sal ‘n voorlopige evaluering doen en binne 30 dae by die Speaker aanbeveel of daar genoegsame bewys is dat Ramaphosa verkeerd opgetree het. Politieke partye het tot volgende week Donderdag tyd om lede vir die paneel van drie te benoem. Die Parlement se gesamentlike staande komitee oor intelligensie ondersoek ook spesifieke bewerings rondom die roof.