Sunak en Macron gesels Kanaal-migrante

Die Britse premier, Rishi Sunak, het die belangrikheid daarvan beklemtoon om die Engelse Kanaal-roete “heeltemal onlewensvatbaar” te maak vir mensehandelaars.  Sunak en Macron het per ‘n amptelike telefoon oproep ooreengekom om nouer saam te werk. Die leiers is daartoe verbind om  dodelike reise oor die Kanaal af te weer wat tot voordeel van georganiseerde misdadigers is. Vanjaar het ‘n rekordgetal van 37 570 mense in klein bote die Kanaal na Engeland oorgesteek. Die kwessie het groot politieke kopsere vir die Britse regering veroorsaak, en spanning het tussen Londen en Parys toegeneem, met die Britse regering wat Frankryk daarvan beskuldig dat hulle nie genoeg doen om die kruisings te stop nie.