Suid-Afrikaanse Polisiediens en bendes kop in een mus

Die Wes-Kaapse regering het die Suid-Afrikaanse Polisie-ombud, Oswald Ready, versoek om ‘n beweerde verband tussen die Suid-Afrikaanse Polisiediens en bendes te ondersoek. Dit volg ná ‘n Hooggeregshof-uitspraak wat sê bendes het topbestuurstrukture van die polisie in die provinsie binnegedring. Die bewyse dui daarop dat die 28’s bende toegang het tot inligting wat die provinsiale kommissaris met sy senior bestuurders bespreek. Die LUR vir Polisietoesig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, vra hoe lank moet gemeenskappe nog in vrees vir bendes leef.