Ontleder sê oor Kandjoze se Fishrot-kommentaar

Reaksie word ontvang op aanmerkings wat die direkteur-generaal van die Nasionale Beplanningskommissie, Obeth Kandjoze aan Kosmos 94.1 Nuus gemaak het oor die Fishrot-aangeleentheid en die herhaalde weiering van borg. Hy sê dat geregtigheid word die groep ontneem omdat hulle as skuldig aangehou word. Die politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah sê hy stem saam…

Maar, hy voeg by, dat die saak uiters kompleks is en in verskeie lande uitgespeel word. Kamwanyah sê die kompleksiteit daarvan noodsaak owerhede om eers die ondersoek af te handel sonder enige inmenging.