Summers sal weer in Desember op verkragtingklag verskyn

Die saak van die Narraville-gemeenskapsaktivis, Irvin Basil Summers is tot 8 Desember uitgestel. Summers word daarvan aangekla dat hy ‘n minderjarige verkrag het. Hy is vroeër 15 000 dollar se borg deur landdros John Sindano toegestaan onder uiters streng voordwaardes. Dit sluit in dat hy sy reisdokumente moet inhandig en weekliks by die polisie aanmeld. Hy mag ook geen kontak met die slagoffer of haar familie hê nie.