Nissan verkoop sy Russiese aandeel aan die Kremlin vir 1 euro

Die Japanse motorvervaardiger Nissan het die jongste maatskappy geword om aan Rusland te onttrek weens sy inval in Oekraïne, maar sê hy sal sy werknemers beskerm. Die maatskappy het sy Russiese bates aan die Russiese regering verkoop vir 1 euro en het ‘n verlies gely van ongeveer 678 miljoen Amerikaanse dollar. Die maatskappy se onttrekking volg op ‘n soortgelyke besluit deur die Franse vervaardiger Renault, wat in Mei sy meerderheids-aandeel in Renault Rusland aan plaaslike beleggers verkoop het. Nissan kan sy aandeel binne die volgende ses jaar terugkoop ingevolge die ooreenkoms.