All Blacks sê hulle verwag ‘n ‘taai’ stryd teen VSA

Die afrigter van die All Blacks, Ian Foster, sê hulle verwag ‘n taai stryd wanneer hulle môre teen Amerika in Washington DC te staan kom. Foster het ‘n span gekies wat bestaan uit ‘n kombinasie van ervaring en jeug met kaptein Samuel Whitelock wat terugkeer om weer slot te speel. Dit is ‘n spesiale dag vir die nuwe All Black-slot, die 20-jarige Josh Lord, wat as plaasvervanger ingesluit is vir sy eerste toetswedstryd. Dit is die vyfde keer dat die All Blacks en Amerika teen mekaar te staan sal kom, met die laaste toetswedstryd wat in 2014 in Chicago gespeel is.