Suiwelboere se jaarvergadering op 13 Julie

Die Suiwelprodusentevereniging se algemene jaarvergadering sal op Dinsdag, 13 Julie in Windhoek aangebied word. As gevolg van die huidige omstandighede en die beperking van die deelnemers aan byeenkomste, het die bestuur besluit om die gala-dinee en die toekenning van die Suiwelprodusent van die Jaar uit te stel. Die jaarlikse ledevergadering bied egter aan lede ‘n goeie netwerkgeleentheid.