SA: Dwelms van N$108 miljoen gekonfiskeer

In die buurland het die polisie in KwaZulu-Natal in Durban beslag gelê op dwelms ter waarde van 108 miljoen Namibiese dollar nadat hulle inligting ontvang het dat die besending na Gauteng vervoer gaan word. Beamptes het die verdagte dwarsdeur die nag dopgehou. Hulle is daarna in die rigting van Jozini en Pongola ontplooi. ‘n Polisiewoordvoerder, Nqobile Gwala, sê die voertuig is vanoggend op die N2 naby Pongola opgemerk.